Ceres dressed up for World Environment Day

Ceres dressed up for World Environment Day

The Municipal Health Services (MHS) of the Cape Winelands District Municipality (CWDM) collaborated in an environmental awareness drive for World Environment Day. As part of our ongoing commitment to protect the public’s health and the environment, the MHS participated in an effort to promote environmental responsibility in the Witzenberg region.

Our Environmental Health Practitioners (EHPs) in Ceres joined a local partnership initiative aimed at tackling environmental challenges, particularly the impact of illegal dumping in and around the town of Ceres. Illegal dumping is more than just an eyesore – it also contributes to the spread of diseases, creates breeding grounds for pests and vermin, and places a significant financial and operational burden on municipal resources.

In response, the Ceres’ly Clean, Ceres’ly Green initiative was launched. This is a community-driven environmental project focused on raising awareness around environmental care and promoting clean, healthy living spaces.

The initiative hosted its first community outreach in April – a clean-up campaign along the Dwarsriver. The momentum continued on 5 June 2025 when our EHPs and partners marked World Environment Day under the global theme of ‘Recycling’. A community open day was organised, where about 80 residents from across Witzenberg visited the local municipality’s material recovery facility. This educational site visit helped raise awareness about sustainable waste practices.

The success of the event was made possible through collaboration with key local stakeholders, including the Witzenberg Municipality, Friends of the Museum, Ceres Tourism, and the Ceres Business Initiative.

World Environmental Day initiatives took place in other parts of our district too. Our EHPs in Drakenstein visited Butterfly House in Paarl where they led an engaging and interactive session with 89 children – sparking awareness around recycling, the importance of trees, and the essential practice of hand washing.

The Municipal Health Services continues to play a critical role in managing environmental risks by assessing and addressing the physical, chemical, and biological factors that impact community wellbeing. On this World Environment Day, we reaffirmed our commitment to a cleaner, healthier environment for all.


Ceres toegerus vir Wêreldomgewingsdag

Die Munisipale Gesondheidsdienste (MGD) van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) het vir Wêreldomgewingsdag saamgewerk aan ’n bewusmakingsveldtog oor die omgewing. As deel van ons volgehoue verbintenis tot die beskerming van openbare en omgewingsgesondheid, het die MGD deelgeneem aan ’n poging om omgewingsverantwoordelikheid in die Witzenberg-streek te bevorder.

Ons Omgewingsgesondheidpraktisyns (OGP’s) in Ceres het aangesluit by ’n plaaslike vennootskapsinisiatief wat daarop gemik is om omgewingsuitdagings aan te pak, veral die impak van onwettige storting in en om die dorp Ceres. Onwettige storting is meer as ’n doring in die oog – dit dra ook by tot die verspreiding van siektes, skep teelplekke vir peste en parasiete, en plaas ’n aansienlike finansiële en operasionele las op munisipale hulpbronne.

Die Ceres’ly Clean, Ceres’ly Green-inisiatief is in reaksie hierop bekendgestel. Dit is ’n gemeenskapsgedrewe omgewingsprojek met die fokus op bewusmaking oor die versorging van die omgewing en die bevordering van skoon en gesonde lewenstoestande.

Die inisiatief het in April hul eerste gemeenskapsuitreik,  ’n skoonmaakveldtog langs die Dwarsrivier, bekendgestel. Die veldtog is op 5 Junie 2025 versterk toe ons OGP’s en vennote Wêreldomgewingsdag onder die globale tema ‘Recycling’ gevier het. ’n Opedag is vir die gemeenskap gereël en ongeveer 80 inwoners van regoor Witzenberg het die plaaslike munisipaliteit se fasiliteit vir materiaalherwinning besoek. Dié opvoedkundige terreinbesoek het gehelp om bewustheid te skep oor volhoubare afvalpraktyke.

Die sukses van die gebeurtenis is te danke aan samewerking met belangrike plaaslike belanghebbendes, insluitend die Witzenberg Munisipaliteit, Friends of the Museum, Ceres Toerisme en die Ceres Business Initiative.

Wêreldomgewingsdag-inisiatiewe het ook in ander dele van ons distrik plaasgevind. Ons OGP’s in Drakenstein het Butterfly House in die Paarl besoek en ’n boeiende, interaktiewe sessie met 89 kinders gehou – sodoende is bewusmaking oor herwinning, die belangrikheid van bome en die noodsaaklike gebruik van handewas beklemtoon.

Die Munisipale Gesondheidsdienste speel ’n kritieke rol in die bestuur van omgewingsrisiko’s deur die fisiese, chemiese en biologiese faktore wat die welstand van die gemeenskap raak, te evalueer en te behandel. Ons het op dié Wêreldomgewingsdag weereens ons verbintenis tot ’n skoner, gesonder omgewing vir almal bevestig.

Previous Winelanders: nominate your women of stature now
46 Alexander Street, Stellenbosch

Cape Winelands News & Updates

Click Here to view our newsletter or subscribe below:

Subscribe to our free Newsletter

Cape Winelands District Municipality © 2025. All Rights Reserved